INFORMASIE SENTRUM
ALGEMENE VRAE
Hoe laat begin julle dienste?
Ons dienste begin 09:00 elke Sondag.
Hoeveel dienste het julle?
Ons het huidiglik slegs een oggend diens wat 09:00 begin.
In watter taal word julle dienste oorgedra?
Ons Kerk is hoofsaaklik Afrikaans-sprekend maar ons dienste bevat Afrikaans en Engels.
Word julle dienste aanlyn uitgesaai?
Ons dienste word aanlyn uitgesaai op Facebook en Youtube.
Moet ek 'n lid wees van julle gemeente om 'n diens by te woon?
Nee, jy hoef nie ‘n lid te wees om ons dienste by te woon nie. Almal is welkom.
Is julle 'n Pinkster gemeente?
Ja, ons is ‘n Pinkster Kerk.
OOR ONS KERK
Wat is 'n Pinkster kerk?
’n Pinksterkerk glo in die werk van die Heilige Gees, geestelike gawes en die krag van God wat vandag steeds werksaam is.
Wat beteken dit om in "tale" te bid?
Om in tale te bid, is ’n geestelike gawe waar die Heilige Gees deur ’n gelowige bid in ’n taal wat hulle nie self verstaan nie.
Doop julle kinders?
Nee, ons glo in volwasse doop as ’n bewuste geloofskeuse. Babas en kinders word wel in geseën.
Moet ek "Pinkster" wees om julle dienste by te woon?
Jy hoef aan geen spesifieke dinominasie te behoort om ons dienste by te woon nie. Almal is welkom.
Is alles wat in die kerk gebeur Bybels?
Ja, ons baseer ons leer en praktyke op die Bybel as die onfeilbare Woord van God.
Wat beteken "doop met die Heilige Gees"?
Dit is ’n kragtige geestelike ervaring waar God iemand met Sy Gees vul vir krag, leiding en geestelike groei.
Hoekom lig julle hande op in dienste?
Dit is ’n Bybelse uitdrukking van lof, oorgawe en eer aan God.
Glo julle in die gawes van die Gees?
Ja, ons glo dat die gawes van die Heilige Gees, soos profesie, genesing en tale, steeds vandag werksaam is.